Favicon

Addiction

Burnout

Wellbeing

Wie is ons

Ontwikkel, Herstel, Bemagtig
artikelsvideos

Ons Missie & Visie

Ontwikkeling, herstel en bemagtiging van mense uit alle oorde is waarna ons streef.

Sake van die Siel of Matters of the Soul is ‘n Artikel 18A Nie-winsgewende Organisasie (NPO), (Sake van die Siel Trust) geregistreer in Suid Afrika.  Dit beoog om ontwikkeling, herstel en bemagtiging vir mense uit alle sfeers van die lewe te bewerkstelling deur Bybels-gefundeerde sielkunde en ‘life coaching’ inligting. 

Ons streef om relelvant, op datum en modern in ons aanslag te wees.  Om dit reg te kry gebruik ons verskillende vorme van media soos aanlyn videos, sosiale media, radio en artikels. 

Ons doen ook werkswinkels en praatjies op ‘n verskeidenheid onderwerpe soos bv. Leierskap en persoonlike ontwikkeling om maar ‘n paar te noem.

Areas wat ons aanspreek

Areas wat ons dek is van kliniese, coaching en familie aard.  

Ons fokus op aktuele onderwerpe vanaf Bekommernis, Stres, Depressie, Selfdood en Trauma tot Kommunikasie vir paartjies, Beraders vaardighede, Om uitbranding te voorkom en programme vir die Helpende beroepe en gemeenskaps werkers en vele meer!

Ons Span

 Wie ons is

Ons span & Leierskap

Om ‘n Kliniese Sielkundige te wees was ‘n lang leerskool gewees. Somtyds ‘n verwarrende en botsende ervaring. Gedurende my proses om deur die doolhof van die Sielkunde te werk en ‘n Bybelse basis in te pas om mense te help en te verstaan, het ek my passie gevind om oor te dra wat ek geleer het.

My praktyk het gelei tot plek waar my impak beperk gevoel het, alhoewel my een-op-een konsultasies kragtig en effektief is, wil ek graag ‘n groter gehoor bereik. Ek het bewus geraak van die nood in gemeenskappe om bemagtig te word met sielkundige kennis en life coaching. Ek wil graag die idees en kennis wat ek opgedoen het deel met ander wat daarby kan baat vind en dit nie noodwendig kan bekostig nie. Gevolglik het Sake van die Siel begin.

My vrou Elsie is ‘n wonderlike lewensmaat en loop langs my deur die mooi en lelik van die lewe. Ons twee kinders, Amelia and Benjemin, hou die lewe opwindend en eg! Moeilike dinge in die lewe hou my op my knieë, waar ek op my beste is. My verhouding met Jesus Christus is die fontein waaruit alles vloei, waar ek waarlik Lewe vind.

Erich Schoeman

Erich Schoeman

Stigter

Elsie Schoeman

Elsie Schoeman

Ek is ‘n mense-mens van nature en wil graag daar wees vir mense in hulle tyd van nood. Ek is betrokke by Sake van die Siel in ‘n administratiewe rol en ook Erich se vrou wat die pad saam met hom loop. Ek geniet dit om lewe saam met hom en ons twee wonderlike kinders te doen.

Mickey Sadler

Mickey Sadler

 ​Ek is lief vir mense. Ek is mal daaroor om te sien hoe mense groei. Om my tyd te gee om verandering moontlik te maak en die proses so maklik as moontlik te maak gee my groot vreugde. Ek is getroud met Quintus en ons het ‘n besige seuntjie, JJ. Ons geniet ons reis deur hierdie lewe saam. Ek is lief vir die lewe en om dit met mense te deel is gedeeltelik deel van my betrokkenheid by Sake van die Siel.

Jessica Pieterse

Jessica Pieterse

Ek is ‘n ambassadeur van HOOP, ‘n vrou, suster, dogter en vriendin. Ek is ‘n ASCHP-geakkrediteerde Spesialis Welstandsberader en is die eienaar en stigter van “Selah Specialist Wellness Counselling”. Ek werk saam met Sake van die Siel as ‘n sosiale mediabestuurder en inhoudskepper. Ek het ‘n diep begeerte om te sien dat individue en paartjies genesing vind en groei. Ek het persoonlik ‘n pad met borskanker gestap en moes die trauma, stres, vrees, onsekerheid en angs wat hierdie diagnose en behandeling bied, hanteer. Tydens hierdie reis is ek gedwing om te gaan stilstaan, en te reflekteer. In hierdie ruimte moes ek leer om te “praise”, en baie van wat my teruggehou het, was nodig om tot ‘n einde te kom. ‘n Wonderlike hoop is in my hart gebore terwyl ek alles opgeweeg het! As gevolg hiervan streef ek daarna om hoop te wek in die harte van diegene wat hopeloos voel, doelgerigtheid wakker te maak in die harte van diegene wat voel daar is geen. My begeerte is om ander te inspireer om werklik te lewe en te floreer.

Anton Biehler

Anton Biehler

Trustee

Arno van der Merwe

Arno van der Merwe

Trustee

"Dankie Erich, jy het ons teruggeneem na 'n Goddelike Woord gefundeerde wyse om as broers in liefde en vryheid van Christus te lewer en sodoende die wêreld te wys wat is vryheid in die Gees.” -Christo en Vivienne

Dit was perfek, humories, gemaklik, uitstekend! - Gilda

"Alles was awesome. Verduidelikings, prakties, comparisons van Erich en Elsie. Omdat die Heilige Gees in elke event is sal elkeen ook anders lyk. Julle doen goed.” - Doreen

Wie is Ons

Oor Ons
Videos

Raak Betrokke

Gee
Kontak Ons