Favicon

Addiction

Burnout

Wellbeing

Deur Erich Schoeman (Kliniese Sielkundige, Afrigter en Spreker)

Sake van die Siel (www.mattersofthesoul.org of www.sakevdsiel.org)

6-7 minute se lees

Die meeste Christene streef waarskynlik daarna om ‘n gesin te hê wat die Here dien en die vrug pluk van om in Sy koninkryk te leef, m.a.w. ‘n gelowige gesin. Tog maak ons as gevolg van ons gebrokenheid soms foute en slaag ons nie altyd daarin nie. Nietemin, wil God jou seën met ‘n gesin wat werklik die Here dien. Hy wil hê dat Sy volmaakte wil op aarde sowel as in jou lewe sal geskied. Selfs al is jy die enigste gelowige in jou gesin, wil God jou gebruik om die lig en waarheid van die evangelie na jou geliefdes toe te bring.

Hier is tien maniere om ‘n goddelike gesin te bou:

  1. Word eers deel van God se gesin

Die skep van ‘n gelowige gesin begin met God. Jy moet deel word van Sy gesin voordat jy ‘n gelowige gesin kan kweek. Jy word ‘n deel van Sy gesin deur Christus as jou Verlosser aan te neem. Daarna noem Hy jou Sy kind en so word God die Vader ook jou Vader. Die Gees van Sy Seun, Jesus Christus, kom woon in jou. 

God is lief vir Sy kinders en sorg goed vir hulle. Hulle word deur die beste pappa liefgehê, onderrig, geseën, versorg, en gedissiplineer. Laat God toe om ‘n pa vir jou te wees en voel so deel van ‘n gesonde hemelse gesin.

‘Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word’

Johannes 1:12 AFR83

  1. Bind wysheid om jou nek

Die boek van Spreuke sê dat wysheid meer werd is as kosbare edelstene. Dit beteken dat dit meer waarde het as geld of sukses! As jy dit met jou hele hart soek, sal jy geestelik verryk word. Om wysheid te bekom, beteken om God se doel vir jou as eggenoot, ouer, of kind te vind.

Die toepassing van wysheid in jou lewe beteken die aanneem van ‘n nederige ingesteldheid en om God toe te laat om jou te korrigeer. Soms kan Sy Woord diep sny, maar dit sal altyd lewe bring.

‘2 Neig jou oor tot wysheid, en neem in ag, …

4 soek na dit soos na silwer, soek dit soos na verborge skatte.’

Spreuke 2:2, 4 AFR83

  1. Leer om lief te hê

As ‘n kind van God is jy geliefd. Jy modelleer God se liefde deur ander lief te hê soos Hy doen. Dit behels die aanneem van ‘n liefdevolle houding waaruit vriendelikheid en dade van diens vloei. ‘n Gesin is die ideale plek om wedersydse gee en neem in verhoudings te leer asook onvoorwaardelike liefde. 

Om ander lief te hê soos Christus ons liefgehad het, beteken om te gee selfs al maak dit seer. Dit beteken egter nie dat jy aanhoudende misbruik en mishandeling net moet toelaat nie.

Om van jouself te gee, begin gewoonlik ‘n positiewe siklus, skep veiligheid en bou vertroue. Streef daarna om jou gesinslede lief te hê.

‘Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Wie nie liefhet nie, ken God nie, want God is liefde.’

1 Johannes 4:7-8 AFR83

  1. Herstel die pyn

Eerstens, evalueer die omvang van die skade wat jy veroorsaak het, erken jou fout, vra nederig om vergifnis vir die Here en jou gesin. Soek dan hulp om te voorkom dat jy jou fout herhaal. Maak ‘n poging om na ander te luister en hul pyn te erken. Ondersoek die redes agter jou optrede en vind beter maniere om jou emosies, behoeftes, en verskille uit te druk. Erken dat ander soms ‘n rol te speel het in jou fout, maar vermy om die skuld te verplaas of die slagofferrol te aan te neem. Neem eerder eers verantwoordelikheid vir jou aandeel en bespreek hulle aandeel later. 

‘Maar Saggeus het in die teenwoordigheid van die Here gestaan en gesê: “Kyk, Here, die helfte van my besittings gee ek aan die armes, en as ek iemand vir sy belasting bedrieg het, gee ek hom vierdubbel terug.”’

Lukas 19:8 AFR83

  1. Gee jou tyd

Tyd is in aanvraag, daarom is dit moeilik om dit weg te gee. As jy egter ‘n gelowige gesin wil hê, sal jy ook tyd in hulle moet belê, al is die lewe besig en veeleisend. Hierdie belegging lewer langtermyn resultate op.

Gee volle aandag wanneer jy jou tyd gee. Meer tyd lei tot groter intimiteit en dit bevorder nabyheid. Gee allerlei tyd – vinnige kuiertjies en lang afsprake. Doen dinge saam. Probeer kreatief wees. Hou aanhou probeer al word daar nie altyd op jou toenadering reageer nie.

‘Toe het Jesus en sy dissipels Jerusalem verlaat en na die Judaïese platteland gegaan. Daar het Jesus tyd met hulle deurgebring en mense gedoop.’

Johannes 3:22 AFR83

  1. Bid vir jou gesin

Gebed is ‘n kragtige wapen van liefde en ondersteuning vir jou gesin. Vind uit wat elke gesinslid nodig het en begin om vir hulle individueel te bid. Jou gebed moet fokus op God se wil vir hulle lewens. Dit is krities om die Here te vra, in die Naam van Jesus Christus, om Sy hemelse koninkryk in hul gedagtes en dade te vestig.

Gebruik die gebede van Paulus as ‘n voorbeeld. Vra die Heilige Gees om elke gesinslid te vul en hulle in ‘n lewe van oorgawe te lei, gevul met ‘n openbaring van God se liefde. Om op die Here verlief te wees is die beste plek waar ‘n mens kan wees!

Gebruik God se Woord tydens gebed, en moenie vergeet om vir jouself ook te bid nie. Wanneer jy gereeld vir jou gesin bid en ware liefde aan hul bewys, kan jy verwag om wonderlike resultate te sien.

‘Sodat ons, sedert ons van u hoor, nie ophou bid vir u nie en vra dat u met die kennis van sy wil vervul kan word in alle wysheid en geestelike verstand.’

Kolossense 1:9 AFR83

  1. Eet die Woord saam

Toe Jesus vir Satan gesê het, “Die mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke woord van God,” het Hy beklemtoon hoeveel ons die Woord van God op ‘n gereelde basis vir ons geestelike oorlewing nodig het. Ek hou van aardse brood en sou dit graag daagliks wil eet sonder daardie plaagsugtige ‘frontale uitbreiding’ probleem.

Maar wanneer die Heilige Gees die Woord vir jou oopbreek, is dit slegs ‘n seën. Jy sal nie opgeblase raak nie, maar jy sal geestelik gevoed word! Om gereeld van die lewende Woord te eet, gee jou iets om met jou gesin te deel.

Neem tyd om saam die Woord te lees en insigte met mekaar te deel.

En julle moet jul daartoe verbind om hierdie gebooie wat ek julle vandag gee, met julle hele hart en hele siel na te kom. Leer dit julle kinders en praat daaroor wanneer julle tuis is en wanneer julle op pad is, wanneer julle gaan slaap en wanneer julle opstaan.

Deuteronomium 6:6-7

  1. Belê in die huwelik

Iemand het eenmaal gesê, ‘Die grootste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is om jou eggenoot lief te hê’. Dit bied verskeie voordele vir almal, soos ‘n emosioneel veilige tuis en die vreugde en skoonheid van twee ouers wat verlief op mekaar is!

Om ‘n lewe van liefde te leef, is uitdagend, maar die alternatief—om nie lief te hê nie—is selfs moeiliker. Om jou gade te bestudeer, jou toewyding, tyd en energie te gee om in hul behoeftes te voorsien met geesdrif, sal jou beslis nader aan mekaar bring. Wanneer kinders swak Christen-ouers sien wat hard werk om mekaar lief te hê, bring dit die boodskap van die evangelie tot lewe.

‘En ek sê julle weer: elkeen moet sy vrou so liefhê soos hy homself liefhet, en die vrou moet die man respekteer.’

Efesiërs 5:33

  1. Leer jou kinders op

Jou kinders oplei is anders as om eenvoudig bevele te gee. Dit is ‘n betrokke aktiwiteit wat een-op-een-aksies soos onderrig, wys, en lei insluit. Dit verg geduld omdat dit meervoudige pogings oor die lang termyn vereis, maar dit kan oorvloedige resultate oplewer. Dit is baie soortgelyk aan die dissipelskap wat Jesus aan sy volgelinge aangebied het.

God sluit by ons aan in die ouerskapspoging en help ons om ons kinders deur die Woord en die liggaam van Christus te leer. Alhoewel jy jou kind in alles kan oplei wat jy weet, is dit ook voordelig om ander Christene te betrek om jou kinders verskeie vaardighede en kennis te leer. Ons gesamentlike pogings is geweldig, en sal beslis ‘n invloed hê op die vorming van goddelike kinders.

‘Leer ‘n kind die weg waarlangs hy moet gaan [om hom te leer om God se wysheid en wil vir sy vermoëns en talente te soek], selfs as hy oud is, sal hy daarvan nie afwyk nie.’

Spreuke 22:6 Amp

  1. Dien saam ander

Wanneer jy ‘n gesin is, is julle ook ‘n span. Vind ‘n sendingveld waar jou gesin saam kan dien en jou geestelike gawes, vaardighede, en talente kan deel. Dit stel jou kinders bloot aan die waarheid en krag van die evangelie, en dit verander ook jou perspektief om ander mense te waardeer en in ewige dinge te belê.

Soos jy weet, het die wêreld desperaat nodig om die liefde en die boodskap van die evangelie van Jesus Christus te ontvang, en jou gesin kan saam iets doen om ‘n verskil te maak. Jy kan jou direkte omgewing bereik of na ‘n verre land gaan. Op hierdie manier ervaar julle almal die vreugde van gee en gehoorsaam wees aan die bevel van die Here.

3 Vir julle is geroep om in vryheid te lewe, my broers en susters. Maar moenie julle vryheid gebruik om julle sonde natuur te bevredig nie. Gebruik julle vryheid eerder om mekaar in liefde te dien. 14 Want die hele wet kan in hierdie een bevel saamgevat word: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Galasiërs 5: 13-14

Indien jy hierdie artikel geniet het, besoek gerus ons webwerwe (www.mattersofthesoul.org of www.sakevdsiel.org) of volg ons op sosiale media vir honderde gratis videos en ander inspirerende inhoud.

Sake van die Siel is ‘n Artikel 18A nie-winsgewende organisasie geregistreer in Suid-Afrika. Indien jy finansieel wil bydra om ons werk moontlik te maak en ‘n belastingaftrekbare sertifikaat te ontvang, stuur asseblief ‘n e-pos aan mickey@mattersofthesoul.org of gaan na Raak betrokke.